Morgensrust bied een van twee opsies vir jou huwelikseremonie. Kies 'n asemrowende buitelug seremonie op ons welige groen grasperke onder die die groot akkerbome of 'n meer intiem en romantiese opsie voor die saal met die antieke windpomp in die agtergrond. Die ruim onthaalarea het 'n natuurlike skoonheid en ouwęreldsjarme; die perfekte kombinasie om jou mees romantiese dag te vier. Die stoep, legendaries vir 'n lui-lekker kuiertjie teen sonsondergang is ook ideal vir 'n romantiese huwelikseremonie indien die weer nie 'n opelug seremonie sou toelaat nie.
Die onthaalarea kan 80 - 300 gaste akkommodeer wat 'n ruim dansvloer insluit. Indien 'n banket gehou word sonder 'n dansvloer, kan 400 gaste geakkommodeer word. Morgensrust sal moeiteloos die droom van jou mooiste dag verander in 'n betowerende fansasie met ons ouwęreldsjarme en natuurlike skoonheid.